Geslote Boek

As jy jou hart vir my wou oopmaak
soos ‘n geheime boek
sou ek huiwerig en versigtig
daardeur wou blaai
en soek
of my naam daarin verskyn
en wat daarby geskryf staan

Ek sou die letterstyl ontleed
soos ‘n handskrif spesialis
en tussen lyne lees
om emosies en bedoeling
daar verskuil
noukeurig te ekstraeer
en tot konklusie te verfyn

Tot tyd en wyl dit mag gebeur
is ek maar soos ‘n blinde
wat vervaard bly voel en soek
vir moontlike braille knoppies
op die harde omslag
en bly jy steeds vir my
net maar ‘n geslote boek

Jan Olivier
copyright retained

Geslote Boek

Oli4jh

Joined January 2013

  • Artist
    Notes
desktop tablet-landscape content-width tablet-portrait workstream-4-across phone-landscape phone-portrait
desktop tablet-landscape content-width tablet-portrait workstream-4-across phone-landscape phone-portrait

10% off

for joining the Redbubble mailing list

Receive exclusive deals and awesome artist news and content right to your inbox. Free for your convenience.