Vergeet-my-nie - Plumbago

Maree Clarkson

Ballito, South Africa

  • Available
    Products
    36
  • Artist
    Notes
  • Artwork Comments 4

Apparel

Cases & Skins

Wall Art

Home Decor

Bags

Stationery

Artist's Description

Vergeet-my-nie – Plumbago

Kamera : FujiFinePix 2800Zoom
Tarlton, Gauteng, Suid Afrika.
.
Een van my gunsteling plante, die Plumbago auriculata in sy blou vorm, wat ek nie meer het nie, hierdie foto is in my vorige tuin geneem. Dis ‘n bosserige struik en blom vanaf laat-lente tot herfs en maak ’n uitstekende heiningplant. Dit groei beste in ’n sonnige tot semi-skaduposisie en is baie ’water wise’ en voëlvriendelik. Dit word ook gereeld besoek deur skoenlappers en is een van die gasteplante vir die gewone Blou Skoenlapper (Cyclyrius pirithous). Hulle sê die plant weerstaan semi-koue en is ryp-gehard, maar my ondervinding was dat die ryp dit elke jaar tot die grond afgemaai het. Gelukkig herstel dit gou en het elke jaar net groter en groter geword.
.
Daai stekelrige gedeeltes wat jy daar sien tussen die blomme is verskriklik taai en hemel verhoed dat jy tussen dit deurkruip (soos ek baie maal gedoen het om die ou gedeeltes uit te snoei), want jy kom daaruit met omtrent die hele bos wat aan jou vassit!
.
DIE BLOM
Ons weet almal van ’n tuin v-o-l blomme,
elkeen sy eie kleur, sy eie geur.
Nou, ons elkeen soek die perfekte blom,
maar ken jy die een,
wat saam met jou huis toe kom?

Sagkens soek, ek moet versigtig wees
ek sien jou raak, dit moet! jy wees.
Alles wat ek in ’n blom kon kry
vind ek in jou, kom saam my!

Doudruppeltjies klein, en druppeltjies fyn
op jou blare, mooipraat, pyn.
Om jou wortels met my hande gegrawe
jou losgemaak, uit die aarde, outhede begrawe.

In ’n pot goud jou weer geplant.
Altyd!, sal ek jou water gee
vir wind en onkruid, sal ek sê nee!
Want in ’n huis van glas is waar jy sal bly
vir ewig en altyd,
ek en jy!
- Jan Allerman

Artwork Comments

  • lisameryl
  • Maree Clarkson
  • Elizabeth Kendall
  • Maree Clarkson
desktop tablet-landscape content-width tablet-portrait workstream-4-across phone-landscape phone-portrait
desktop tablet-landscape content-width tablet-portrait workstream-4-across phone-landscape phone-portrait

10% off

for joining the Redbubble mailing list

Receive exclusive deals and awesome artist news and content right to your inbox. Free for your convenience.