Aan die voete van 'n meester

vandag is ek dors.

soos ’n verdwaalde in ’n woestyn
kruip ek op my knieë
en smag na waters van rus
ek wil aan jou voete sit,
mildelik drink uit fonteine
van jou wysheid,
jou woorde soos dorre aardes indrink
en laat wegsink in my hart

met beide hande
wil ek elke lettergreep
oor my kop en lyf laat loop,
hul koel lafenis wegpak
in registers van onthou
~ ~ ~ ~
les jou dors soos die bende
van gideon in bakke van jou hande
roep wysheid met die rooi van jou lippe
drink dit soos n skulp die see
teen binnewand van jou ore
~ ~ ~ ~
sal dit my dors les,
my honger na wysheid stil?
sal dit my lei op paaie
waar onkunde
soos velde sonder somerreën vergaan?
sal dit rus bring in my gemoed
en vrede aan binnewande van my bang hart?

ek sal doodstil sit,
jou woorde oor my laat spoel
soos kabbelende bergstrome
wat rustig tussen klippe vloei,
met toe oë sal ek luister
hoe tortelduif en piet-my-vrou
in oop lettergrepe roep,
wanneer flou strale oor berge skyn
en nagdiertjies hul stemme lig,
wil ek jou woorde
in simfonië speel
en jou wysheid myne maak

@Gawelina2013

Aan die voete van 'n meester

JuffrouGawie

Jan Kempdorp, South Africa

  • Artwork Comments 2

Artwork Comments

desktop tablet-landscape content-width tablet-portrait workstream-4-across phone-landscape phone-portrait
desktop tablet-landscape content-width tablet-portrait workstream-4-across phone-landscape phone-portrait

10% off

for joining the Redbubble mailing list

Receive exclusive deals and awesome artist news and content right to your inbox. Free for your convenience.