Vrede

Ek het gister weer iets gedoen wat ek so lanklaas kans voor gekry het. Ek het n vriendin gehelp om blomme te rangskik, en ek het sommer so, op n gewone Saterdag oggend, weer vrede ervaar. Vrede en stilte, wat op my neergedaal het in n sagte wolk van verwondering. Stilte te midde van die geraas van n plattelandse dorpie, net ek, in n lee kerkgebou, en al wat ek kon hoor was die geroep van die duiwe in die maroelabome buite die kerk. Ek het in n bank gaan sit, en my Skepper gedank vir die geleentheid om net weer tot stilstand te kom……al is dit net vir vyf minute, maar dis n kosbare gevoel wat ek vir die res van my lewe met my sal saamdra.
“Vrede wat alle verstand te bowe gaan” ….. ek het n kleinklein stukkie daarvan ervaar!

Platteland
by Antionette

Journal Comments

  • Elizabeth Kendall
  • Antionette