’n Foto van die herfskleure van ’n populierbos op ’n Karooplaas aan die voet van Kompasberg in die Nieu-Bethesda-distrik, Suid-Afrika.

Alba Bouwer oor die herfs:
“In die herfs is die populierbos geel, nie geel-geel soos die son nie, ou-Melitie, ook nie rooi-geel soos die vuur nie, maar sommerso, sommerso …”
“Polierbos se gel,” sê ou-Melitie en sy rol vir Sanna nog ‘n papbolletjie.
“Ja, populierbosgeel”, sê Alie.
(uit ’Stories van Rivierplaas’ deur Alba Bouwer)

en uit Dolf van Niekerk se ‘Land van ons Vaders’:
“…Laat my toe om in die Karoo te droom – langs ’n braksloot of ’n lopie – in die koelte van ’n karee. Eenkant lê die boerbok, en ek sit en slaap en kou aan ’n blaar of ’n bessie. Want wie in die Karoo kou nie aan die karee se blaar of sy bessie nie? Of ek soek skuiling onder ’n gharriebos, en bo my kop werk die bye een stryk deur – want van toeka se dae af maak die by van gharriebos suiwer sandsuikerheuning soos jy dit nêrens anders kry nie. My ouma het geglo dat die bye die sandsuikerkristal net so van die ghwarriebos afhaal.
Ek sal tevrede wees met die klein populierbos se spreeus en vinke. Want ek is daarvan oortuig dat die vaalpopulier ook saam met die voorouers getrek het. En oral waar die geringste belofte van ’n klammigheid is, gaan staan die populier en maak ’n bos…”

Kamera CanonEOS 500D

My husband and I live in Jansenville in the Eastern Cape of South Africa. We both love nature, and therefore most of my subjects are the incredible wealth of fauna and flora in Southern Africa. I also write poetry in Afrikaans (one of the eleven official languages in South Africa) and often combine these poems with the photos I’ve taken. Thank you for stopping by!

View Full Profile

Comments

  • Maree  Clarkson
    Maree Clarksonover 3 years ago

    Sjoe, UITSTEKENDE hefskleure Rina, daar’s niks wat dit kan wys soos ’n Populier nie! Pragtige foto!

  • Baie dankie, Maree: die eerste ryp in die distrik het die herfsblaar-kleurspel al ’n bietjie geknou, maar dit is steeds pragtig!

    – Rina Greeff

  • Qnita
    Qnitaover 3 years ago

    Was dit joune?… :-)

  • Ai, sou wens dit was!! Die ‘prentjie’ wat dié ou motor geskep het, was net te interessant om nie by te voeg by die kleurspel van die populiere nie!

    – Rina Greeff

desktop tablet-landscape content-width tablet-portrait workstream-4-across phone-landscape phone-portrait

10%off for joining

the Redbubble mailing list

Receive exclusive deals and awesome artist news and content right to your inbox. Free for your convenience.