Witgatboom - White Hill, Klipplaat

Rina Greeff

Jansenville, South Africa

  • Available
    Products
    1
  • Artist
    Notes
  • Artwork Comments 10

Stationery

Artist's Description

Kamera hp photosmart 945

Die witgatboom (Boscia albitrunca) behoort tot die kuiperfamilie (Capparaceae) wat sowat 40 geslagte en 700 soorte insluit – meestal in Afrika en ander tropiese gedeeltes. In Suider-Afrika is daar agt geslagte en sowat 70 soorte, waarvan nege witgatboomsoorte is. Dit is ’n nuttige en voedsame boom waarby veeboerdery baat vind. In die verlede het die boom ook bygedra tot die oorlewing van mens en dier . Die witgat is gewoonlik ’n enkelstamboom tot 5 m hoog, maar is soms hoër in veral droër bosveldgebiede en die noordelike dele van die Karoo. Dit word diwels met miershope (termiete) geassosieer. Sy bas is opvallend witgrys (vandaar sy volks-naam) en is ’n aanpassing om sonstrale te weerkaarts. Sy langwerpige blaartjies is leeragtig en kan tot 8 cm lank word. Dit is meestal veel kleiner en word in groepies gedra en is goed by droë streke aangepas. Sy klein blommetjies kom gedronge aan sytakkies voor, is sterk gegeur en verskyn in die lente. Dit word deur insekte bestuif. Die gelerige vlesige vruggies bereik omstreeks Oktober/Desember ’n deursnee van 1 tot 1,5 cm en word deur vrugtevretende voëls versprei. Vroeër jare is die wortels dikwels uitgegrawe, fyngestamp, die vesels verwyder en die res gedroog en gebrand as plaasvervanger vir koffie. Dit is vroeër ook gestamp en as pap gaargemaak. Die boom kan maklik van saad gekweek word. Omdat die plant vinnig ’n penwortel ontwikkel, moet dit reeds jonk uitgeplant word. Saai die vars saad in diep sakke en bedek met ’n lagie sand tot ’n dikte van sowat 5 mm.

Boscia albitrunca, commonly called Witgatboom, Matoppie, or Shepherd’s Tree, grows up to 10 metres tall but usually much smaller. It is an evergreen tree native to Southern and Tropical Africa, living in the hot, dry, and often brackish low-lying areas, sometimes on abundant lime and occasionally found in rocky terrain. It is common tree of the Bushveld, Lowveld and Karroo.
This tree has a prominent, sturdy white trunk frequently with strips of rough dark-coloured bark. The crown is often browsed by antelope and all grazers who can reach the foliage, resulting in a conspicuous flattened underside or browse-line. The leaves are narrow, oblanceolate and stiff with veins obscure except for the distinct midrib. The flowers are small, greenish-yellow, star-shaped and clustered. The fruits, on a jointed stalk, are about 10mm in diameter and are brittle-skinned with a whitish flesh and large endocarp.
Boscia belongs to the caper family Capparaceae. Pickled capers are made from the unopened buds of European members of this family. Boscia albitrunca is closely related to Boscia foetida subsp. rehmanniana, which has much smaller leaves and vevet-textured fruits. The genus was named for Louis Bosc (1759-1828), a French professor of agriculture who lived through the revolution. The species epithet “albitrunca” refers to the white trunk.

Artwork Comments

  • calvinincalif
  • Rina Greeff
  • Maree Clarkson
  • Rina Greeff
  • Elizabeth Kendall
  • Rina Greeff
  • Elizabeth Kendall
  • Rina Greeff
  • Rina Greeff
  • Maree Clarkson
,
desktop tablet-landscape content-width tablet-portrait workstream-4-across phone-landscape phone-portrait
desktop tablet-landscape content-width tablet-portrait workstream-4-across phone-landscape phone-portrait

10% off

for joining the Redbubble mailing list

Receive exclusive deals and awesome artist news and content right to your inbox. Free for your convenience.