You can still get gifts delivered by Dec 24 with Express Shipping

Dis Mei - my gunsteling-maand!

Dis Mei, my gunsteling maand. Nie net oor dit my geboortemaand is nie, maar ook oor die perfekte temperature – ’n gemiddeld van 24ºC, met windlose dae vol sonskyn wat verseker dat ek die laaste takies in die tuin kan klaarkry voor Winter my weer die huis indryf. Die eerste ryp is nog ’n entjie weg, die grasperk is nog groen en oral skarrel die voëltjies ywerig agter die insekte aan voordat daardie kosbare bron van voedsel opdroog.

Vir my is Mei ’n maand van introspeksie, om te kyk na wat die afgelope Somer in die tuin verrig is en te beplan vir die komende Lente. Soos ek deur die tuin stap, word nuwe idees gebore en gryp ek gou na ’n pen en my tuinjoernaal om aantekeninge te maak voordat die inspirasie verdwyn. Ek sien ’n plek vir nog ’n voëlbad of kosbak en maak sommer ’n lys van plante wat mooi sal lyk daar naby. ’n Vlinder sweef verby en ek besluit om sommer nog ’n Buddleia Salvifolia te kry, waarvoor die Skoenlappers baie lief is, vir ’n leë hoekie.


Kamera : FujiFinepix 2800Zoom

Verlede maand (en elke April) het ek die swaeltjies dopgehou en gesien hoe hulle bymekaar kom vir hulle lang vlug na die noorde en die hemele is snaaks-stil sonder hul ewige geroep soos hulle sweef en duik. Hul modderhuisies is leeg onder die dak se oorhang. Dit bly vir my ’n seker teken van hul terugkoms in September.

Die Janfrederik het ook al hasepad gekies saam met die Piet-My-Vrou en die swart suikerbekkie en sy vroutjie is al vroeg-Maart weg na wie-weet-waar. Die Lysters het hierdie jaar ’n kans gevat en laat in Maart weer nesgebou en was gelukkig om hul kleintjies groot te maak voor hul vertrek. Ek het al menigmaal met ’n kleintjie gesit wat verwese agtergelaat is en wat ek moes grootmaak. Die Kwikstertjie se stem is ook stil, maar my geveerde vriende wat agterbly baljaar lustig en vol lewe sonder enige vrees vir die komende winter of die toekoms.

Ek verwonder my altyd aan die lewenslustigheid van voëls – elke oggend word begroet met, wat vir my klink soos ’n dankbaarheidslied. Dit laat my altyd dink aan Mattheus 6:26 : “Hou die voëls in die lug dop, hulle saai nie, hulle oes nie en hulle maak nie in skure bymekaar nie. Dit is onnodig, want julle Hemelse Vader gee aan hulle hulle kos. Besef julle dan nie dat julle vir God nog baie kosbaarder is as hulle nie?” en wanneer ek voel dat depressie op my wil afsluip, is dit dáárdie woorde en die voëltjies se gesing wat my altyd regruk, wat my herinner om weer in onwrikbare geloof te lewe.

Currently unavailable for purchase


Dis Mei - my gunsteling-maand! by 


  1. Alles en nog wat! Die denke van ‘n amper-verengelsde Afrikaner!

I am a watercolorist living on my little piece of African soil in Tarlton, Gauteng, South Africa. The inspiration for my art is the wonderfully rich variety of Fauna and Flora to be found throughout this beautiful country.
“There is a fine line between dreams and reality; it’s up to you to draw it.”

View Full Profile

Comments

  • Elizabeth Kendall
    Elizabeth Kendallover 3 years ago

    Hoe heerlik om sulke positiewe woorde te lees op hierdie salige Sondagmôre! Dankie vir die deel daarvan Maree en ja, ek stem saam, hierdie tussen-in dae se lekker temperature is goed vir liggaam en siel! Mooi geskryf. x

  • Bly jy’t geniet Liz, en dankie vir jou pragtige kommentaar!

    – Maree Clarkson

  • Maureen Grobler
    Maureen Groblerover 3 years ago

    Hoe heerlik inderdaad :-) Ek het saam met jou deur jou tuin gestap…

  • Dankie dat jy saam gestap het Maureen, nou gaan ek vir ons ’n koppie tee maak!

    – Maree Clarkson

desktop tablet-landscape content-width tablet-portrait workstream-4-across phone-landscape phone-portrait

10%off for joining

the Redbubble mailing list

Receive exclusive deals and awesome artist news and content right to your inbox. Free for your convenience.