Dis nie maklik om "groen" te wees nie...

Ek stem saam met Frogboy in hierdie video – Om groen te wees is nie maklik nie

Vir my bedoel dit 3 of 4 asblikke in die kombuis, die badkamer, die slaapkamer – een vir glasgoed, een vir kombuisafval en papiere, een vir blikkies en plastiek bottels, man, dit maak my gedaan. En my personeel dink ek’s heeltemal van my trollie af!

In die tuin gaan dit net so woes – blare en stokkies hiér, ander vullis dáár, dan dink die tuinier ek is mal as ek dit alles weer begrawe.

In die huis loop ek en ligte aanskakel, en my man volg en skakel af. Ons lewe in die duister omdat ons oorgeslaan het na die nuwe ‘energy saver’ gloeilampe, en ek weet nie of ons moet bekommerd wees oor die kwik-inhoud daarvan of nie. Ek sit met kaste vol ou komper hardeware wat veronderstel is om na een of ander ‘herwinnings’ plek te gaan, wat ek nog moet vind, en al die ou batterye en selfone is weer ’n ander probleem.

Ons is spaarsamig met die water, nommer een is omdat, as die boorgat opdroog is ons in ! straat en nommer twee, water is ’n waardevolle kommoditeit en moet bespaar word vir ons nageslagte. So die tuin sukkel partymaal en ons almal bid gedurig vir reën. Plot mense bid seker die meeste van almal in die land…

Ek trek die lyn by warmwatertoestelle aan en af skakel elke oggend en aand – maggies, mens wil darem ten minste in vrede bad, al is dit partymaal by kerslig oor Eskom al weer af is! Die kers storie maak ek dan maar die beste van – gooi soute en lekker-ruik goedjies in die bad en doen dan sommer ook ’n meditasie, op soek na daardie ewig-ontwykende derde oog of 6de chakra wat almal van praat.

In die tuin gebruik ek glad nie gifdoders nie, en hoop maar dat my sigarette (ja, ek rook!) wat ek meng met ‘Sunlight Liquid’ en ‘Handy Andy’ en ‘Jik’ en op die plante spuit, wel die werk sal doen. Die gespuitery word versigtig gedoen, alewig op die uitkyk vir Hottentotsgotte of kewers of skoenlapper-Chrysalisse, wat die tuin se beskermers is, te vermy. Of ek staan vir ure en druk die roos-luise en witwol-goggas met my vingers dood, grillerig en haastig om my hande te was!

My familie het ’n ewige gril aan die idee dat ek weier dat ENIGE slange in die tuin dood gemaak mag word – dié vang ek met my slangstaf, hulle word in ’n emmer gesit en dan ry ek 3 of 4 kilometers om hulle by die dam te gaan aflaai waar daar min verkeer is. Die molslang en bruin huis slang word ’n veilige hawe in die tuin gebied, met sterk teenkanting van die tuinier, wat ek buitendien die dood voor die oë gesweer het as sy aan hulle raak…

Ons het ’n groot rot-probleem op die plotte (honde kos, eende kos, hoender kos, skilpad kos, krimpvarkie kos wat rondstaan) en aangesien ek ook nie rotte gif gebruik oor die uile wat hier bly nie, is die slange ’n welkome, natuurlike manier om hulle in toom te hou.

So ja, groen maak definitief ’n inham in jou lewe maar dis seker beter om nou te betaal as om later veel meer te moet inboet…

Currently unavailable for purchase

Dis nie maklik om "groen" te wees nie... by 


Alles en nog wat! Die denke van ‘n amper-verengelsde Afrikaner!


I am a watercolorist living on my little piece of African soil in Tarlton, Gauteng, South Africa. The inspiration for my art is the wonderfully rich variety of Fauna and Flora to be found throughout this beautiful country.
“There is a fine line between dreams and reality; it’s up to you to draw it.”

View Full Profile

Comments

  • BCallahan
    BCallahanover 4 years ago

    such a beautiful language… wish i understood what it said… but i did see a few words that were recognizable!!! cute frog! ~Barb

  • Thanks for trying Barb! Do you know ‘Google translate’? (Google it if you don’t) – if you copy and past a paragraph in there (choose translate from ‘Afrikaans’ to ‘English’) it’ll give you a fair idea of what it’s about – Google gets all his tenses wrong, but one can normally catch the gist of it! thanks for stopping by!

    – Maree Clarkson


desktop tablet-landscape content-width tablet-portrait workstream-4-across phone-landscape phone-portrait
desktop tablet-landscape content-width tablet-portrait workstream-4-across phone-landscape phone-portrait

10%off for joining

the Redbubble mailing list

Receive exclusive deals and awesome artist news and content right to your inbox. Free for your convenience.