Verandering

Wat op aarde sal ons doen as dinge in die lewe nie verander nie? Krepeer van verveling, dink ek!

Om die deur toe te maak vir verandering is soos om in ’n weelderige huis met ’n pragtuin en swembad te woon en dan, in plaas van om in te duik en die heerlike water te geniet, sit jy net binne die huis en kyk uit na buite en dink hoe koud die water moet wees. En jy loop nooit in die tuin rond nie, kyk maar net soms daarna. En al die ander kamers? Wel, hulle is maar net vir gaste …

Jy bly in een bekende spasie met ‘n stel voorgeskrewe ondervindings en reëls en noem dit dan jou “gemakssone”. Vasgevang in jou een kamertjie met die gordyne styf toe getrek, hoop en bid jy dat ’eendag’ die geluk jou ook sal tref en alles sal wonderbaarlik verander. Want wonderbaarlike dinge gebeur mos net met ander mense, of so glo jy…

Verandering is noodsaaklik om ’n vervulde lewe te ly, en om nie maar net van dag tot dag te leef nie. Verandering bring groei, verander jou uitkyk op die lewe, maak nuwe deure vir jou oop, verskaf nuwe geleenthede wat jy sou gemis het as verandering nie ingetree het nie.

Om verandering te weeg te bring, moet jy bereid wees om uit jou gemakssone te beweeg. Verander hoe jy aantrek – dra helder rooi in plaas van jou gewone pastel kleure, verander jou haar kleur of laat sny dit baie kort (dit sal weer groei!), volg ’n ander roete as gewoonlik wanneer jy werk toe ry, lees iets oor ’n onderwerp waaroor jy niks weet nie, skilder iets wat jy nooit voorheen sou gedroom het om te doen nie, of klim ’n boom!

Sukses in enige iets gaan omtrent beplanning, voorbereiding en absolute fokus op die eindresultaat. Jy moet jouself skei van jou familiêre patroon van ondervinding en dit in onfamiliêre gebied waag, dan wag daar wonderlike ondervindings vir jou!
 
Wat gaan jy vandag doen om verandering te weeg te bring?

 

 
 

Currently unavailable for purchase



Alles en nog wat! Die denke van ‘n amper-verengelsde Afrikaner!


I am a watercolorist living on my little piece of African soil in Tarlton, Gauteng, South Africa. The inspiration for my art is the wonderfully rich variety of Fauna and Flora to be found throughout this beautiful country.
“There is a fine line between dreams and reality; it’s up to you to draw it.”

View Full Profile

Comments

  • almaalice
    almaaliceover 4 years ago

    You have beaten me. Perhaps the joy of the spring and welcome? Alma xxx

  • Oh no! Not again! You know what? Think you’ll have to come for a visit so I can teach you the basics of Afrikaans (that’s my language!) It is very close to Dutch and German and I’m sure you’ll pick it up very quickly!! Hugs

    – Maree Clarkson

  • Elizabeth Kendall
    Elizabeth Kendallover 4 years ago

    Sulke waar woorde Maree en eintlik ook net ’n kopskuif ver!! Baie dankie vir jou postiewe bydraes in ons groep! (en elders) Ek het groot waardering hiervoor. ;-)

  • Dankie Liz, my groot plesier!

    – Maree Clarkson

desktop tablet-landscape content-width tablet-portrait workstream-4-across phone-landscape phone-portrait

10%off for joining

the Redbubble mailing list

Receive exclusive deals and awesome artist news and content right to your inbox. Free for your convenience.