Bloggers’ Bliss — See our streetwear come to life

My perskeboom weet...

Maree  Clarkson

Tarlton, South Africa

Artist's Description

Kamera : Canon EOS 550D
My tuin, Tarlton, Gauteng, Suid Afrika
.
Ons is aan die einde van Augustus en my perskeboom weet … sy weet die somer is om die draai en vir weke al is sy besig om haar somerdrag reg te kry – klein groen blaartjies en die mooste pienk bloeisels, takke wat sterk en gesond na die blou hemel strek.
Somer is ‘n uitgeswelde, ryp, oophand seisoen. So weldadig. Dae soos heuning, het Johannes Kerkorrel se streelstem gesing. Somer is ’n ruising van lower, somer is wind, somer is ruising van lower in die wind en die wind is mooi en groot en grasieus en die wind beweeg soos ‘n vrou. So dig Sheila Cussons. En is somer nie ‘n gedig nie! ‘n Betowerende spel van lig in lower, van smake en sensasies, van lang dae en loom nagte. Sensueel. Wild. Warm. En heeltemal onontbeerlik vir volledig menswees!
.
ek skep stukke son in my halwe
hande en sprinkel strooi die blokkies
warm oor my lyf oor my bene my
arms draai bollings silwer strale
van die groot geel tol in die hemel
en ek weef vir my ’n somer
sykombers
- Wilhelm

Artwork Comments

  • Elizabeth Kendall
  • Maree  Clarkson
  • AndreaEL
  • Maree  Clarkson
  • Valerie Anne Kelly
  • Maree  Clarkson
desktop tablet-landscape content-width tablet-portrait workstream-4-across phone-landscape phone-portrait
desktop tablet-landscape content-width tablet-portrait workstream-4-across phone-landscape phone-portrait

10%off for joining

the Redbubble mailing list

Receive exclusive deals and awesome artist news and content right to your inbox. Free for your convenience.