Ek is 'n Bedreigde Spesie!

Maree Clarkson

Tarlton, South Africa

  • Available
    Products
    49
  • Artist
    Notes
  • Artwork Comments 6

Apparel

Cases & Skins

Wall Art

Home Decor

Bags

Stationery

Artist's Description

6 1 0 11060
Afrika-wildehond (Lycaon pictus)
.
Van al die diere, is die mens die enigste een wat wreed is. Die mens is al een wat pyn toedien net vir die plesier daarvan.
- Mark Twain
.
Sien die engelse weergawe hier en die Skildery en produkte sonder woorde daarop hier beskikbaar.
.
Die Afrika-wildehonde (Lycaon pictus) is gespesialiseerde roofdiere wat tipies in troppe van 15 tot 20 saamwoon. Hulle word maklik herken aan hul groot geronde ore, kollerige bruin, swart en wit lywe, wit-gepunte sterte, lang bene, ‘n rankerige lyf en ‘n onderskeidende streep van tussen die oë tot agter die kop. Hulle is ongeveer dieselfde grootte as ‘n volgroeide Duitse herdershond met afmetings soos volg: lengte 105 – 150 cm; skouerhoogte ─ 65 tot 80 cm en massa ─ 20 tot 30 kg. Hoewel die grootse bevolking in die Kruger Nasionale Park is, is daar ook ‘n aantal wildehonde losgelaat in parke soos Madikwe, Pilanesberg en Hluhluwe-Imfolozi.

Wildehonde is hoofsaaklik dagdiere en jag gewoonlik in die oggende of laat namiddae. Hulle maak in hoofsaak staat op sig en vermy dus lang gras, beboste gebiede en woude. Die hele trop neem deel aan die jagtog. Tydens die jagtog beweeg die wildehonde geleidelik nader aan hul gekose prooi en versnel wanneer die prooi wegbeweeg. Sulke agtervolgings kan maklik vir etlike kilometers volgehou word. Kleiner slagoffers word gewoonlik dadelik platgetrek, maar in die geval van groter wildsoorte word die prooi eers verswak deur die dier te hap en stukke vleis weg te skeur. Dit is waarskynlik hierdie metode wat vir dié diere se negatiewe reputasie verantwoordelik is, maar daar moet terselfdertyd op gelet word dat hulle slegs soveel wild jag as wat vir hul onmiddellike behoeftes nodig is.


19th May 2011 – FEATURED in “Afrikaans”

Artwork Comments

  • Elizabeth Kendall
  • Maree Clarkson
  • Elizabeth Kendall
  • Maree Clarkson
  • Rina Greeff
  • Maree Clarkson
,
desktop tablet-landscape content-width tablet-portrait workstream-4-across phone-landscape phone-portrait
desktop tablet-landscape content-width tablet-portrait workstream-4-across phone-landscape phone-portrait

10% off

for joining the Redbubble mailing list

Receive exclusive deals and awesome artist news and content right to your inbox. Free for your convenience.