Aandklokkies

Maree  Clarkson

Tarlton, South Africa

Artist's Description

Ek het hierdie Varklelies gisteraand in my tuin afgeneem – Tarlton, Gauteng, Suid Afrika
Kamera – FujiFinepix 2800Zoom

Die aandklokke lui in die verte
in tone wat saggies kom streel.
Die grootmoeder kniel op die drumpel,
die kindertjies hou op met speel.
Grootmoeder bid: “Onse Vader”;
die kinders bid ook so sag.
’n Sonnestraal gly deur die lower;
’n glimlag, ’n glimlag,
want engeltjies hou steeds die wag.

Woorde: Na V.A. De LA Montagne
Musiek: Catharina van Rennes
Vanaf F.A.K.

Varklelies (Zantedeschia) is inheemse plante VAN Suid Afrika en die wit variëteit met die donkergroen blare is immergroen: dit blom in die somer en is baie lief vir water en son. Ander variëteite soos dié met die bont blare en verskillende kleure blomme, byvoorbeeld geel, pienk, rooi, roomkleurig en oranje, is nie immergroen nie en die plant rus in die winter. Dit is baie maklik om hul bolle in dié maande te versteur, daarom is dit beter om hulle in potte te plant. Hulle is ook baie lief vir die son, maar kan wel ’n bietjie skadu hanteer.
 
Die immergroen arum is baie maklik om te groei en die plant kan verdeel word. Dit groei deur middel van bolvormige knolle, en die bolle vermeerder binne twee tot drie seisoene. Ek sal jou aanraai om jou eerste gesonde plant by jou plaaslike kwekery te koop. Jou bedding sal sommer vinnig daarna vol plante wees. Die ander arum-variëteite se bolle is teen die einde van die winter by plaaslike kwekerye te kry, reg om geplant te word vir die somer.
 
Arums het baie water nodig, veral as jy meer blomme wil sien. Dit beteken jy moet baie waterhoudende materiaal byvoeg as die grond sanderig is. Vra jou plaaslike kwekery vir die regte materiaal. Hulle kan selfs in ’n vleituin geplant word, want die lelies hou van nat voete.

Artwork Comments

  • Elizabeth Kendall
  • Maree  Clarkson
desktop tablet-landscape content-width tablet-portrait workstream-4-across phone-landscape phone-portrait
desktop tablet-landscape content-width tablet-portrait workstream-4-across phone-landscape phone-portrait

10%off for joining

the Redbubble mailing list

Receive exclusive deals and awesome artist news and content right to your inbox. Free for your convenience.