Standard Shipping for delivery by Dec 24 has ended. Most products available with Express Shipping.

As ek ‘n hemelruiker aan jou kon bied,
met lang stele rose wat drup met hemeldou
sou dit nooit genoeg wees nie
vir jou liefde wat skatkiste vol omgee is ,
wat was soos sterre wat altyd ons weg aangewys het.

Jou liefde het dinge verbeter
en jou teenwoordigheid maak ‘n verskil,
jou glimlag verhelder die donkerste dag,
jy verstom my altyd met jou hoop
en in jou oë het elke donker wolkie ‘n silwer randjie.

Jou liefde sal in ewigheid in my voort leef
want ek dra jou in my hart.
Deur jou het ek wysheid geleer
en hoe om ander te probeer beskerm.

Jou liefde het my deur groeipyne en seerkry gedra.
Jy is die gom wat ons familie aanmekaar hou.
Moeder, al sou ek die wêreld kon win
en dit na jou toe kon bring om te vergoed
sou dit tog onmoontlik wees
want jy het ons geleer om te dien
en liefde aan ander te gee
en daarom dink ek vandag met vreugde aan jou
want jy is ‘n mens wat vir ander omgee.

Ek het Jesus in jou oë gesien
en daarom kan ek hom vandag ook so dien
en daarom bring ek in dankbaarheid vandag
aan jou ‘n hemelruiker
met langsteel rooi rose wat drup met hemeldou.

Daleen Enslin

I was born and still live in Africa.
Live a life close to nature, where I get the inspiration to do what I love most…., “Photography”.
Where I live and what I do is my destiny. I am grateful for the privilege

My Images Do Not Belong To The Public Domain.
All images are copyright. All The Materials Contained May Not Be Reproduced, Copied, Edited, Published, Transmitted Or Downloaded in Any Way.

View Full Profile

Comments

  • Johanna26
    Johanna26over 1 year ago

    Oh this is ever so beautiful Magaret …love it and instant fav.

  • Thank you so much for the fav and your lovely comment Johanna, a great honor !

    – Magaret Meintjes

  • Elizabeth Kendall
    Elizabeth Kendallover 1 year ago

    So pragtig, dankie Magriet! (het die gedig ook geniet)

  • Met liefde, ek het ook gedink dit is pargtig en sou mooi gaan saam met ons kaartjie!

    – Magaret Meintjes

  • Dawn B Davies-McIninch
    Dawn B Davies-...over 1 year ago

    a beautifully taken shot, just wonderful,dawnx

  • Thank you so much for your support and inspiration dear Dawn, it means a lot to me, hugs xx

    – Magaret Meintjes

desktop tablet-landscape content-width tablet-portrait workstream-4-across phone-landscape phone-portrait

10%off for joining

the Redbubble mailing list

Receive exclusive deals and awesome artist news and content right to your inbox. Free for your convenience.