To get Apparel, Cases, Stickers, Wall Art and Home Decor delivered by the holidays, order today.

MY SUKSES VERHAAL OP REDBUBBLE 867 Werke, 455663 Besoeke, VAN FEBRUARIE 2008 TOT DATUM

MY SUKSES VERHAAL OP REDBUBBLE

Gedurende Februarie 2008, het ek aangesluit as lid by Redbubble.
Van Kompers en digitale kameras het ek bitter min geweet, so min dat ek nie regtig eers geweet het hoe en waar om die komper aan te skakel nie! Van ‘n kamera nog minder, ‘n groot verskil as jy net gewoond was aan mik en druk!
Ek het egter ‘n doel en ‘n droom gehad, fotografie! Om hierdie doel of droom te kon bereik moes ek net eenvoudig in die digitale wereld in kom, buig of bars!

My tweede oudste dogter het haarself gewalifiseer as suster in intensiewe sorg, het vir jare in Pretoria Oos hospitaal gewerk, toe haar vlerke gesprei en begin werk op groot passasiers-skepe, as suster, die hele wereld vol begin reis. Gedurende haar eerste jaar op die skepe het sy huistoe gekom met ‘n Nikon D50 kamera vir my verjaarsdag, was aanvanklik verskriklik senuweeagtig, (die goed is so duur, was so bang ek breek iets!) om met die kamera te werk, daar was soveel verskillende verstellings en veranderings om net ‘n foto te kon neem, as jy groot geword het met ‘n mik en druk!

Daar was geen hulp van enige aard, naby waar ek woon nie, innie bos, behoorlik!
Ek het egter net besluit as ander dit kan regkry dan kan ek dit ook doen, het ure gesit voor die komper en agter die kamera! Gesukkel, gesoek en naderhand gevind, stadig maar seker het ek begin lig sien! Het naderhand besef dat ek nie net met die kamera en die komper die ding gaan kan doen nie, sal moet ‘n program kry om hierdie foto’s mee af te haal van die kamera, het begin leer van pieksels en allerhande goeters wat ek nog nooit van gehoor het nie! Ek het vir my Coral painter 2 aangeskaf en dit het al beter begin gaan.

Na ‘n paar maande het ek my op die internet begewe en daar moes ek ook weer rondswerf, soek en krap tot ek uiteindelik by ‘n webtuiste The International Library of Photography aangesluit het. Dit was meer soos ‘n werkswinkel vir fotograwe, het daar rondgeval en gesukkel, gevind dat ander lede nie juis behulpsaam was nie en die gevoel gekry dat elke lid ‘n bedreiging vir die volgende is!
Eendag het ek my lot bekla by ‘n ander lid wat netsoos ek gevoel het, op haar aanbeveling het ek my begewe na redbubble!

Ek het ingeteken as lid by Redbubble, ag tog, ek was van vooraf heeltemal verlore, ‘n splinternuwe webtuiste en heeltemal anders as die een waar ek weg is!
Hier het ‘n heeltemal nuwe reistog in fotografie begin! Baie gou het ek agtergekom dat hier nie in kompetisie belangstelling is nie maar wel net vele vriendelike en helpende hande! Baie gou ek baie redbubble maatjies en vriende gemaak, het hulle vandag nog, ons het mekaar gehelp, geleer, ondersoek, gevind, dit was net ongelooflik, pure vreugde!

In daardie tyd was redbubble klein! Almal het mekaar geken, lief en leed gedeel, as jy ‘n paar dae nie op borrel was nie dan het die hele familie dit geweet en wou weet is alles “Okay”! Ek glo ek was een van die eerste Suid-Afrikaners wat lid geword het! Alles was net Engels! Ek en al my ander borrel maatjies het gegroei saam met redbubble, dink dit is hoekom ons elke keer ongelukkig is as daar veranderings plaasvind! Die oorspronklike borrel was se eenvoudig, kry nuwe lede so jammer wat aansluit, moet vir hulle ‘n nagmerrie wees!

Soos die tyd aangestap het oor 4 jaar, het ek soveel geleer, soveel ondervind, geleer as jy iets nie verstaan of weet nie, vra net! Daar is soveel gewillige en vriendelike hande op hierdie webtuiste, dit is ongelooflik!

Toe ek die eerste keer hulp aangebied het om te help met ‘n groep, het ek geen benul gehad van waarvoor ek my inlaat nie! Maar, daar was en is ‘n wonderlike gasheer, wat my hand gevat het en my geleer en gelei het, alles wat ek vandag weet, is die kennis wat ek van hom ontvang het en wat ek steeds toepas in die 8 groepe, met wonderlike lede, waarby ek betrokke is. Ek leer not steeds!

Ek het van my werke verkoop, beslis nie miljoene gemaak nie, kan nie miljoene maak op redbubble nie, tensy jy absoluut onoortreflik is in alle vorms van kuns!
Maar hier op REDBUBBLE HET EK MY DOEL EN MY DROOM BEREIK, MY FOTOGRAFIE WORD WAARDEER EN GENIET.
DIT GAAN NIE OOR GELD NIE, DIT GAAN OOR DAARDIE OOMBLIK WANNEER EK DIE KNOPPIE DRUK, DAARDIE ERVARING WAT EK KAN DEEL MET DIE HELE WERELD EN WEET DIT WEK DIE EMOSIES WAT EK OP DAARDIE OOMBLIK ERVAAR HET!
My verkope op redbubble was, is my droom en doel! Baie dankie aan almal wat my gehelp het om dit ‘n werklikheid te maak hier op hierdie wonderlike leerskool, REDBUBBLE!
Werke wat al verkoop is:

RED-VEINED DROPWING – TRITHEMISM ARTERIOSA
by Magaret Meintjes


Series: MAPUNGUBWE NATIONAL PARK – World Heritage Site
by Magaret Meintjes


#SERIES# CHILDREN OF AFRICA, THE YOUNG AND THE OLD
by Magaret Meintjes


I'M RIGHT BEHIND YOU! – THE AFRICAN ELEPHANT – Loxodonta Africana
by Magaret Meintjes


LIVE, LOVE, DREAM AND PASSION
by Magaret Meintjes


ANIMAL KINGDOM – HIPOPOTAMUS- AMPHIBIUS
by Magaret Meintjes


TODAY AND TOMORROW – Arum Lily
by Magaret Meintjes


TYPICAL "BUSHVELD" SUNSET
by Magaret Meintjes


THE LILIUM – Liliaceae
by Magaret Meintjes
!

The 'BLUE MOON' a rose with exceptional beauty and elegance !
by Magaret Meintjes


THE OSTRICH – Struthio camelus – EGG
by Magaret Meintjes


THE LEOPARD – Panthera pardus
by Magaret Meintjes


THE "THREE" LITTLE LION CUBS, a Last light capture
by Magaret Meintjes


BARN OWL – Tyto alba
by Magaret Meintjes


BUTTERFLY SERIES – Natal Acraea
by Magaret Meintjes


THE WAY HOME….
by Magaret Meintjes


THE APRICOT ROSE
by Magaret Meintjes


ONE BLUE… ONE YELLOW ?
by Magaret Meintjes


WHY AM I ALWAYS STARED AT !
by Magaret Meintjes


THE " FAMILY GATHERING "
by Magaret Meintjes


ADRENALINE PUMPING "NIGHT DRIVE AND CAPTURE"
by Magaret Meintjes


NATURE'S PAINTBOX
by Magaret Meintjes


THE CHEETAH – Acin0nyx jabatus, the fastest preditor on earth
by Magaret Meintjes


JUST… STAY.. AWAY FROM ME !!!
by Magaret Meintjes


THE FEVER TREE – Acacia xanthophloea
by Magaret Meintjes


HI, I'M FROM AFRICA
by Magaret Meintjes


THE AFRICAN BUTTERFLY SERIES
by Magaret Meintjes


A "BIG 5" TEESHIRT DESIGN, ALL THE WAY FROM AFRICA !
by Magaret Meintjes


THE ZEBRA TEE – In black and white
by Magaret Meintjes


A MAN OF VISION – PAUL KRUGER
by Magaret Meintjes


For Dawn – Special request on "My Horse Fantasy"
by Magaret Meintjes


SUNCOMPO12008
by Magaret Meintjes

2 X

A COLLAGE OF AFRICA'S "BIG 5" -
by Magaret Meintjes


NO 2 – "SPIKKELS" AND THE CROW…. 10.41.45 HRS
by Magaret Meintjes


"HORSES IN SILHOUETTE" at DUSK, RUNNING WILD,RUNNING FREE
by Magaret Meintjes

Ek dink steeds dit is onregverig dat ons nie mag weet wie ons kan bedank as daar ‘n verkope is nie!
Mnr Baxter was weer by my…. en baie dankie aan die onbekende persoon wat deel van my droom geword het op 2012/03/29 met die aankoop van:

SILHOUETTE SUNSET – Mozambique
by Magaret Meintjes

Journal Comments

  • Maree Clarkson
  • Magriet Meintjes
  • Elizabeth Kendall
  • Magriet Meintjes
  • Kobusolivier
  • Magriet Meintjes
  • Oupoot
  • Magriet Meintjes
  • Qnita
  • Magriet Meintjes
  • Antionette
  • Magriet Meintjes
  • Rina Greeff
  • Magriet Meintjes
  • Yool
  • Magriet Meintjes