Reisiger

In die druis van reën op rotse
In die stilte van wolk en maan
Tussen stamme van oer-bome
Op tydlose sterrebaan

Drywend op polsende getye
Geduldig gewortel in die grond
Aangehits deur klank van dromme
Stilwyend in die môrestond

Oorweldig deur ontelbaar dae
Nietig soos ’n blaar in wind
Wagtend voor die deur van môre
Is my rus wel daar te vind?

Dan staan ek voor ’n venster
Met ope hart en tuur
Na ’n storm oor die rante
En die sonskyn teen ’n muur

En al haal ek dieper asem
En maak tyd om meer te lag
Steeds verdwyn die korte dae
En lê ek wakker deur die lange nag

© Leoni Venter 11 Maart 2001

Reisiger

Leoni Mullett

Nelspruit, South Africa

Artist's Description

Geskryf na ’n paar nagte van slaaploosheid en ’n pragtige laat-middag storm.

Sorry, no English translation for this one yet ;)

Artwork Comments

  • Esther Boshoff
  • Leoni Mullett
  • Elizabeth Kendall
  • Leoni Mullett
  • jan j van staden
  • Leoni Mullett
  • Maree  Clarkson
  • Leoni Mullett
  • Elizabeth Kendall
  • vanitastic
  • Leoni Mullett

More Work

desktop tablet-landscape content-width tablet-portrait workstream-4-across phone-landscape phone-portrait
desktop tablet-landscape content-width tablet-portrait workstream-4-across phone-landscape phone-portrait

10%off for joining

the Redbubble mailing list

Receive exclusive deals and awesome artist news and content right to your inbox. Free for your convenience.