Pre-Order your iPhone 6 case now!

Cowboy Gees

vir die man met die kitaar

Die eensame klank van ’n hartseer viool
Dryf amper onbespeurd tussen die rantjies deur
En die maanlig sif op die kokerbome neer
En die klip-klop van hoewe eggo

En rondom die draai kom die moeë ruiter
Gebuig onder jare se stof
En net maar die wysie wat trek tussen klippe
Laat hom en sy perd loop vir nog ’n skof

Doringstruike probeer gryp aan sy klere
En die perd se teuels hang los
Die ruiter en perd beweeg sonder ophou
Terwyl die donker kwyn en die sonsopkoms bou

En wanneer die skadu’s vlug
En die sterre een-een uitwink
Verdwyn die beeld van ruiter en perd
Maar steeds draal die klank van die cowboy-viool

En die mense daar rond vertel graag die storie
In die aande so rondom die vuur
Want Nababeeb is glo bekend vir sy spoke
Te sien in die nag se heel laaste uur

© Leoni Venter 2000

Currently unavailable for purchase



’n Gediggie geskryf na ’n kunstefees en baie konserte van Richard van der Westhuizen en Lochner de Kock. Dit was baie inspirerend :)

Tags

gedig, nababeeb, perderuiter, poem, poetry, viool

Comments

  • Elizabeth Kendall
    Elizabeth Kendallabout 4 years ago


    Dankie vir ’n lieflike gedig!

  • Baie dankie Elizabeth :) Ook vir julle groep! Dis ’n fantastiese idee en ek hoop dit gaan ’n groot sukses wees :)

    – Leoni Mullett

  • Esther Boshoff
    Esther Boshoffabout 4 years ago

    Dis ongelooflik goed, Leoni! Sjoe! :D

  • Dankie Esther :) Ek’s bly jy hou daarvan :)

    – Leoni Mullett

  • blacknight
    blacknightabout 4 years ago

    aww – only english for me. :(

  • Aww – I posted a translation just for you :)

    – Leoni Mullett

  • Maree  Clarkson
    Maree Clarksonabout 4 years ago

    “En die maanlig sif op die kokerbome neer…” Pragtig geskryf Leoni!

  • Baie dankie Maree! Ek waardeer die kommentaar so baie! :)

    – Leoni Mullett

  • Dorothy Venter
    Dorothy Venterabout 4 years ago

    Mooi gediggie. Doet so voort :-)

  • Elizabeth Kendall
    Elizabeth Kendallabout 4 years ago

  • Baie dankie! :)

    – Leoni Mullett

  • Betty Smith_Voce
    Betty Smith_Voceabout 4 years ago

    Mooi prentjie wat jy geteken het. Ook veels geluk met jou erkenning ontvang.

  • Baie dankie Betty! :)

    – Leoni Mullett

desktop tablet-landscape content-width tablet-portrait workstream-4-across phone-landscape phone-portrait