Arum lilies / Varkore

Elizabeth Kendall

Bronkhorstspruit, South Africa

Artist's Description

Oil on canvas.
ART: Oil
Die varkore of aronskelke (ook: varkblom, arum, varklelie) het vanjaar so lieflik geblom in my tuin in Bronkhorstspruit (Gauteng, Suid-Afrika)dat ek dit doodeenvoudig net moes skilder!
Arumlelies (Zantedeschia) is inheemse plante en die wit variëteit met die donkergroen blare is immergroen: dit blom in die somer en is baie lief vir water en son. Ander variëteite soos dié met die bont blare en verskillende kleure blomme, byvoorbeeld geel, pienk, rooi, roomkleurig en oranje, is nie immergroen nie en die plant rus in die winter. Dit is baie maklik om hul bolle in dié maande te versteur, daarom is dit beter om hulle in potte te plant. Hulle is ook baie lief vir die son, maar kan wel ’n bietjie skadu hanteer.
Die immergroen arum is baie maklik om te kweek en die plant kan verdeel word. Dit groei deur middel van bolvormige knolle, en die bolle vermeerder binne twee tot drie seisoene. Ek sal jou aanraai om jou eerste gesonde plant by jou plaaslike kwekery te koop. Jou bedding sal sommer vinnig daarna vol plante wees. Die ander arumvariëteite se bolle is teen die einde van die winter by plaaslike kwekerye te kry, reg om geplant te word vir die somer.

When you have only two pennies left in the world, buy a loaf of bread with one, and a lily with the other. ~ Chinese Proverb
Featured in Painters Universe: 11 May 2010.
Thank you!!

Artwork Comments

desktop tablet-landscape content-width tablet-portrait workstream-4-across phone-landscape phone-portrait
desktop tablet-landscape content-width tablet-portrait workstream-4-across phone-landscape phone-portrait

10%off for joining

the Redbubble mailing list

Receive exclusive deals and awesome artist news and content right to your inbox. Free for your convenience.