met jou hande om my nek
het jy gewurg
magtelose ek
soos jou vingers om my strek
het jy gewurg
nie-terug-baklei-nie ek
maar as die son ondergaan
wou jy van liefde verstaan
het jy omgerol
en my laat gril
my ingegaan
tot ek sidder en ril
en nou nog moet ek stillê
en dit vat, die martel
soos hy wat die toue
lank terug
om my arms bind
en ek spartel
net so magteloos
net so gril
en in die stilte van die nagure
moet ek myself troos
net so alleen
terwyl ek gil
want jy trek
nogsteeds
die toue
© Delene de Wet
Comments