val

Lappop pap, ashoop wanhoop
rondomtalie warrelwind
Waar is ek?
Gestoot, getrek
uitmekaar geruk
Nie in hierdie plek…

Stukkend, kop af
eenoog deur ’n sleutelgat
Wil ek, kan ek, mag ek?
Skitterwit droom
’n blink erens anders
Die wens van ’n skoon vlek

Gryp, klou en houvas styf
pasop die afgrond loer vir my
Is my vlerke sterk en oop?
Drink die lug in, hoes van vrees
spartel onder water
Is dit my na-dood herdoop?

Voel voel waterkant
klouter kleuter afknie seer
Die oewer van amper hoop.

Ek’s hier, ek’s nou
oppad na jou
…die pad wat ek gaan loop.

val

cathrinedp

Joined October 2008

  • Artwork Comments 7

Artwork Comments

  • Helga
  • dani05
  • cathrinedp
  • louishiemstra
  • cathrinedp
  • louis77
  • cathrinedp
,
desktop tablet-landscape content-width tablet-portrait workstream-4-across phone-landscape phone-portrait
desktop tablet-landscape content-width tablet-portrait workstream-4-across phone-landscape phone-portrait

10% off

for joining the Redbubble mailing list

Receive exclusive deals and awesome artist news and content right to your inbox. Free for your convenience.