Shop

Uilhuis - Nieu Bethesda (Suid Afrika)

Grafstil soutpilaar ’n engelskare
in jou tuin van Eden
met gestolde psalms op dooie lippe
om jou een-alleen gees te sus.

Maar jou rus bêre jy in uileharte
met hulle teem geween wat eggo
teen ’n donker nag se uitgeloopte smart.

Met dagbreek skilfer jou dun geskaafde drome
teen skeringdrade en gebreekte glas
en groei jy vas in die klip van jou
selfgemaakte hemel.

Vandag krioel en wemel vreemdes
oor jou kalksteen graf
en dors om jou hiernamaals-kamele
se boggelrûe aan te raak.

© 2010 Almarie Truter

Currently unavailable for purchase


Uilhuis - Nieu Bethesda (Suid Afrika) by 


Comments

desktop tablet-landscape content-width tablet-portrait workstream-4-across phone-landscape phone-portrait