Shop

! AFRIKAANS ! (2 per dag / 2 a day)

This group is for South Africa, Namibia, Mozambique and neighbouring countries in AFRICA. Written work: *Afrikaans*. ART and PHOTOGRAPHY. PLEASE ADD *AFRICA* IN YOUR DESCRIPTION. Only TWO images per day!! / Slegs TWEE foto's / kunswerke per dag!!

UITDAGING WENNERS / CHALLENGE WINNERS: YELLOW FLOWERS in Africa | GEEL BLOMME in Afrika

Elizabeth Kendall Elizabeth Kendall 1742 posts

Our challenge: YELLOW FLOWERS in Africa | GEEL BLOMME in Afrika closed a while ago and

ANN PALFRAMAN is the WINNER with 8 votes!

Congratulations Ann!


Cassia abbreviata by Ann Palframan

Hilton, KZN, South Africa.
Family :Fabaceae: Subfamily :Caesalpinioideae (Bauhinia subfamily)
Common names : long-tail cassia (Eng.); sambokpeul (Afr.)


Winter Wildflowers… Free State, South Africa by Qnita was SECOND with 7 votes, congrats Qnita!

.

Namaqualand sunshine by Irene van Vuuren
and
Sunflowers by Kobus Olivier had FIVE votes each.

Veels geluk Irene en Kobus, julle is DERDE!


A garden of Sunflowers beckoned to me… by Maree Clarkson
came FOURTH with 4 votes! Congrats Maree!

....

had 3 votes each! Thanks for taking part: NikonMan, Rina Greeff, Carole-Anne, Jeannie26 and sonoflite!

Please don’t forget to take part in our ongoing challenges

Please make sure you added info. Please make sure your image is in the group!

Mooi naweek vir almal! Enjoy your weekend!

Kobus Olivier Kobus Olivier 114 posts

Baie geluk, Ann. Jou wenner-foto is pragtig en ‘n welverdiende wen :-) Geluk ook aan al die ander lede, julle het werklik goeie werk ingeskryf en dankie vir die wie vir my sonneblomme gestem het. Wel ,dis amper naweek! Ek het Saterdagoggend vroeg ’n bergfietsresies aan, maar vir die res van die naweek gaan ek probeer tyd maak vir kiekie’s neem………mag julle ook waar julle ookal is julle kameras inspan en tonne mooi foto’s neem. Lekker naweek almal :-)

Maree Clarkson Maree Clarkson 1658 posts

VEELS GELUK ANN, wonderlike wen-foto! Veels geluk ook aan al die ander wenners en dankie vir diegene wat ook vir my sonndeblom gestem het! En op hierdie lieflike Vrydagoggend sit ons sonder elektrisiteit sedert gisteraand 12uur al, het net vinnig kom inloer op my Laptop. Geniet jou fietsresies Kobus, mag jy ‘n plek losslaan en stuur vir ons foto’s!

NikonMan NikonMan 632 posts

Congratulations Ann on winning the challenge and also to the runners up,well done all.

Kobus Olivier Kobus Olivier 114 posts

Maree, ek lag nou dat jy jou hoop so op die skootrekenaar se batterykrag plaas weens ’n kragonderbreking. Vir julle is kragonderbrekings seker ’n vreeslikheid. Ek woon op ’n klein plaas hier in Limpopo en glo my, dit lyk net of dit dalk mag reën dan is die krag al klaar af. Met die geringste ou donderbuitjie sit ons sonder krag. So, in die somer maande is dit vir ons al normaal om so elke dan en wan sonder krag te sit……….om nie eers van internetopvangs te praat nie. Maar geniet die vrede en stilte wat so kragonderbreking bring, dit is ook goed vir die siel :-)

Ann  Palframan Ann Palframan 171 posts

Thanks, everyone – I’’m thrilled! Congrats to the runners up.

Qnita Qnita 5386 posts

Geluk Ann!! Voorwaar ‘n pragtige foto!
Geluk aan al die top 10’s!

KOBUS ek wou nog altyd ’n skootrekenaar gehad het… toe kry ek ’n skrootrekenaar…

Kobus Olivier Kobus Olivier 114 posts

haha……ja Qnita, sy naam is seker Wall-e…….. en daars my geheim ook nou uit…..ek kyk animasie flieks, mal daaroor! :-)

Qnita Qnita 5386 posts

:-)

Maree Clarkson Maree Clarkson 1658 posts

Ons bly ook op ‘n ’plaas’ Kobus – (‘n 8.5ha kleinhoewe) en ons het Eskom, nie munisipale krag nie, en soos jy sê, as daar ’n wolkie is, dan’s die krag af. Maar hierdie keer het “hulle” Woensdagaand 11uur 20 meters 4" dik kabel gesteel en in die proses, die “transformer” uitgebrand, en Eskom het dwarsdeur die dag en gister-nag gewerk, die krag het vanoggend eers angekom. En dit grief my waarlik dat skootrekenaars se batterye so mislik is en nie lank hou nie! Die een oomblik sê dit jy het nog 2 ure oor, die volgende oomblik is daar 5 minute! Ek dink waarlik daaraan om ’n iPad te kry, maar dit werk met 3G en hier is die 3G opvangs ook maar mislik. Ons het besluit die antwoord is ’n om ’n kragopwekker aan te skaf…

Magaret Meintjes Magaret Meintjes 2848 posts

Geluk aan almal, pragtige werk!
Congrats to all, stunning work!